Internasionale model Lené steeds op piek van loopbaan
Om op 32 op die piek van ’n internasionale modelloopbaan te bly, is nie maklik nie, maar Lené Gouws geniet steeds elke oomblik daarvan.
Lené het onlangs weer op die voorblad van ‘n tydskrif verskyn en is haar ouers, Nico en Ena van den Berg (van Middelburg) baie trots op haar. Lees meer daaroor in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.
Terwyl dié oud-leerling van Laerskool Middelburg en HTS Middelburg met vliegtuie en treine tussen fotosessies rondrits, het sy so tussen haar besige skedule deur, uit die koue London, ons vrae geantwoord.
“Ek is jaloers op die lekker warm weer daar (in Middelburg). Ons kry nog lekker koud in Europa,” begin sy geselsend te antwoord.
Op die vraag of sy weet die hoeveelste keer dit is dat sy op ’n voorblad van ’n tydskrif verskyn, sê sy dat sy al opgehou tel het.
“Maar dis nog steeds ’n lekker gevoel as ek van my werk gepubliseer sien. Ek plaas gereeld op Instagram my werk en al my reise.” (Gaan volg haar gerus op Instagram by @lene_gouws).
Een van haar plasings op Instegram:
https://www.instagram.com/reel/C2uPzYOqI3B/?igsh=MTJkZ2llZjk5enY1cA==
“Inteendeel, dit is vir my makliker.” Sy sê haar man is “ongelooflik ondersteunend” en motiveer haar altyd om haar drome na te jaag.

Lené meld dat hy haar stabiliteit bied, wat sy nooit voorheen daar gehad het nie.
“Ek is baie gelukkig dat die aard van my tipe fotosessies, byvoorbeeld vir vel, gesondheidsprodukte, modekatalogiste en TV-advertensies altyd ’n mark het vir ’n bietjie ‘ouer’ of meer volwasse gesig.”

“Ek probeer om ten minste vier keer ’n week gimnasium toe te gaan, afhanged van my skedule, maar ek glo dis baie belangrik om ’n balans te hê. As ek lus is vir iets, eet ek dit en weerhou myself nie van enigiets nie.”
Volgens haar kom daar binnekort ’n advertensie uit vir Checkers se nuwe klerereeks (UNIQ), “waar ek hoeka die ‘ma’ speel.”


