News

KYK: Witbankdam sluise oop, Loskopdam op gereedheid vir hiasinte

Kommer oor waterhiasinte op pad na Loskopdam

Vier van Witbankdam se sluise is vanmore met 300 millimeter elk gelig en 84 kubieke meter water per sekonde stroom tans uit die dam stroomaf na Loskopdam.

Terwyl daar geen waterhiasint in die Witbankdam is nie, is die Olifantsrivier nie eens meer sigbaar met die tapyt hiasinte wat die rivier versmoor nie.

Een van die inwoners langs die rivier, wat al 38-jaar daar woon, vertel dat versoeke dat die damsluise gelig moet word al sedert Desember deur die eMalahleni Munisipaliteit verwerp is.

Volgens mnr. Andre Booyens word die sluise gebruiklik Desembers effens gelig sodat die waterhiasint kan wegspoel.

Hule versoeke is egter die jaar van die hand gewys omdat die munisipaleit droogte gedurende die winter verwag.

Die dam is egter 96% vol en die sluise is nou gelig nadat ‘n munisipale geselskap die rivier verlede week besoek het, en watersmonsters ook geneem is.

Die bekende akwatiese ekoloog Andre Hoffman wat jarelank vir die Mpumalanga Toerisme en Parkeraad gewerk het as akwatiese spesialis, het die koerant bedank vir die inligting oor die sluise.

Volgens hom sal hulle nou alle kragte inspan om die invloei hiasinte wat moontlik na Loskopdam gespoel kan word, te beheer.

Daar is al reeds hiasinte by Loskopdam se inloop verwyder.

eMalahleni inwoners verduur al maandelank ‘n ernstige waterkrisis met die stad se netwerk wat in duie is.

‘n Ruk gelede was huise tot 21-dae lank sonder water in die buurstad.

‘n Maatskappy wat tot dusver met waterwese hande gevat het om die hiasint in die rivier te beheer, wag nog op ‘n tender.

Volgens mnr. Booyens is die probleem meer beheerbaar as daar minder plante in die rivier is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button