‘n Video wat wyd versprei word, wys hoe miljoene waterhiasinte stadig hul weg Loskop-vallei toe maak, nadat die Witbankdam se sluise vanmore om 07:00 gelig is.
Vier sluise is oopgemaak.
Intussen word meer reënval verwag, met swaar neerslag buite die dorp wat gerapporteer is.
Van die hiasinte sal teen rotse stukkend geslaan word, maar hordes plante sal sal dit wel Loskopdam toe maak.
Natuurbewaringspanne is egter op gereedheid nadat die sluise gelig is, sodat plante by die Loskop-inloop gekeer kan word, waar daar reeds hiasinte verwyder is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
