Vrou dood, man in kritiekesorg na Vrydagmiddag botsing op berugte Vandyksdrift-pad
Vrou sterf dag na botsing met minibus
‘n Vrou is Saterdag oorlede, nadat sy Vrydag in ‘n ernstige botsing by die Keiskammastraat kruising met die Vandyksdrift-pad, met ‘n minibus betrokke was.
Die man saam haar in die voertuig is ook ernstig beseer en is steeds in die hospitaal.
Die ongeluk het omstreeks 17:00 Vrydagmiddag gedurende nat padtoestande gebeur.
Dit is onduidelik hoe die ongeluk gebeur het.

‘n String ander botsings het gevolg.
Die meeste hiervan was op die N12, met minstens drie digby die eMalahleni-aansluiting.
In een van die botsings is ‘n afleweringbakkie onder ‘n trok in.
Swaar mis is ook op die Stoffbergpad aangemeld.

Daar was ook vandag ‘n botsing tussen twee trokke op die Stoffbergpad waar Van Wettens tans besig is om die voertuie te verwyder..
Motoriste word gevra om spoed op die roete te verminder.
Lees meer in volgende week se Middelburg Observer.
