News

Ons dorp is sopnat!

Met die deurdringende reën wat die afgelope naweek geval het, is daar op plekke in die dorp tot 128mm gemeet!

Sal Botha het in Dennesig vanaf Donderdag tot vanoggend al 110mm gemeet. Inwoners van Sentraal het laat weet dat hul reënmeters ook vol was oor die naweek met ’n totaal van 132mm gemeet.

David Nonyana, opsigter by die Middelburgdam, sê hy het tot nou toe 40mm gemeet.

Gawie Steyn was verstom toe hy hoor hoe baie dit op Middelburg gereën het.
Hy bly op Hendrina, wat ons opvangsgebied is, en hulle het net 28mm reën gehad sedert Donderdag.

• Die Middelburgdamstand het Sondag op 95.86% gestaan en is die kompensasieklep effens oopgemaak, waarna die dam vanoggend op 95.11% gestaan het.

• Vandag gaan dit nog koel en bewolk wees, met nog donderstorms en reën wat vir Dinsdag voorspel word. Teen Woensdag sal die son weer deurkom en kan ’n maksimum van 23 grade verwag word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button