Die Passiespele wat Jesus se lyding en kruisiging uitbeeld, is oor Paasnaweek op besondere wyse by die Groen Koei deur gaste van dié restaurant opgevoer.
Eddie Blom het die rol van Jesus vertolk en op die foto hang hy aan die kruis soos Jesus aan die kruis gehang het.
Eddie Blom, wat die rol van Jesus gespeel het, het gesê sy geloof het ongelooflik verdiep deur sy Koning se rol te vertolk.
• Anton Gilfillan (eienaar, Groen Koei), het die kruisigingsgebeure uit die Bybel voorgelees, terwyl die Passiespele opgevoer is.
Die groep wat die ‘soldate’ voorgestel het.Eddie Blom en Anton Gilfillan stel die toneel waar Jesus Sy dissipels se voete was, voor.Die gaste wat die Passiespele bygewoon het, het aangetrek soos Bybelse karakters.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.