Quantum en bakkie waar motorfiets verdwyn
’n Quantum bussie en ’n wit bakkie het weggejaag nadat ’n KTM veldmotorfiets vanoggend in Gladiolastraat (Kanonkop) gesteel is.
Ruan van der Merwe sê sy KTM 300cc motorfiets is waarskynlik vanoggend omstreeks 04:30 gesteel.
Een van die bure was op pad om te gaan oefen, maar het iets tuis vergeet en is terug huis toe.
Hy het die Quantum en die wit bakkie opgemerk voor Ruan se huis opgemerk.
Toe hy uitkom om te kyk wat hulle wil hê, het die twee voertuie weggejaag.
Ruan meld dat dit ’n helder oranje veldmotorfiets is met sy resiesnommer, 13, duidelik oral op die motorfiets.
As enigiemand die motorfiets agterop ’n bakkie of sleepwa opmerk, skakel Ruan by 082 551 4785.
• Arthur Hill (Dagpatrollie) het genoem dat dit een van hul lede se motorfiets is en dat hulle reeds besig is om die paaie te fynkam opsoek daarna.

