Talle ongelukke sedert naweek
Die polisie, verkeer, ambulans- en insleepdienste jaag letterlik van ongeluk na ongeluk die afgelope paar dae.
Louwtjie Swart (Van Wettens Insleepdienste en Traffic Alert) het bevestig dat daar talle ongelukke plaasgevind het sedert Saterdag.
“Ongelukke is definitief besig om erg toe te neem.”
Hy skryf van die ongelukke, spesifiek op die hoofweë, daaraan toe dat dit koud is in die oggende en aande en mense dan hul verwarmers aansit.
“Die verwarmers maak hulle dan lomerig en het dan ’n effek op hul konsentrasievermoëns.”

Louwtjie sê sommige oggende is die sig ook sleg met mis en kan dit gebeur dat motoriste nie stadiger ry of hul volgafstande hou nie.
Hy doen ’n beroep op mense om eerder te stop as hulle lomerig voel en seker te maak hulle ry stadiger as sig belemmer word met byvoorbeeld mis of rook van veldbrande.
• Om op hoogte te bly van wat op die paaie aangaan, skakel of WhatsApp Louwtjie Swart by 078 400 9517 om op die Traffic Alert-groep gelaai te word.



