News

Enkeldiep in die k…nyp langs die rivier

Dit is nie meer die reuk van braaivleisvure wat jou langs die Klein Olifantsrivier begroet nie, maar die reuk van ’n toilet wat oorgeloop het.

Die afgelope drie weke het verskeie mense hulle tot die koerant gewend, omdat daar rou riool in die Klein Olifants inloop.

Die riool borrel letterlik uit reg onderkant die Kees Taljaardstadion se heining, naby die laagwaterbruggie en kla mense dat hulle letterlik “enkeldiepte in die k…k loop as jy dit durf waag om op die grasgedeelte te gaan stap.”

Mnr. Frans Coetzee is van mening dat die munisipaliteit aangekla moet word, omdat die rioollek nou al maande loop en nie reggemaak word nie.
Hy was geskok toe hy hierdie week weer daar verbyry.

Die riool loop in strome af rivier toe.

Mnr. Coetzee en talle ander het gesê dat die area waar die riool uitborrel, teen ’n skuinste is en daarom direk in die Klein Olifantsrivier inloop.
“Daardie riool wat in die rivier beland, gaan reguit Loskopdam toe en beland in verskeie boere se besproeiingstelsels! Dit is ’n ekologiese ramp!”

Ander inwoners wat met hul honde gaan stap of draf, sê die reuk is só oorweldigend dat hulle die area nou vermy.
“Ons pragtige area waar ek my kinders en kleinkinders heen gevat het, lyk en ruik nou soos ’n rioolplaas,” het ’n ander vrou (wat anoniem wil bly) gesê.

• Rdl. Helda de Klerk het gemeld dat sy die probleem al verskeie kere onder die munisipaliteit se aandag gebring het.
Sy meld dat die munisipaliteit wel al aandag aan die probleem gegee het en selfs ’n pyp vervang het.

“Elke keer as dit reën, borrel die riool net weer daar uit!”

• Sy het laat verlede week wéér die klagte aan die toepaslike departement deurgegee.

• Die klagtes is ook onder die aandag gebring van die mediakantoor van die munisipaliteit.

’n Mens kan duidelik sien dat die riool deurloop tot by die rivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button