News

Carmen uit die tronk uit

Carmen-Leigh White-Sharpley, die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ’n kar gesteel het, het gister vlugtig in die Witbank Landdroshof verskyn, waarop die saak van die rol geskrap en sy vrygelaat is.

Wat die presiese rede is waarom Carmen vrygelaat is, is onduidelik.

Carmen was sedert 1 Maart in aanhouding nadat Kobus van Staden se kar twee dae vantevore by die Moddercourt Woonstelle in Middelburg gesteel is.

Kobus se dogter, Sylvia de Bruin, het inligting opgevolg en is Carmen en haar vriend in eMalahleni gearresteer en die voertuig teruggekry. Die vriend is die volgende dag laat gaan, omdat hy nie positief verbind word met die saak nie.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/04/16/man-praat-vir-eerste-keer-oor-carmen/

Back to top button