News

Carmen uit die tronk uit

Carmen-Leigh White-Sharpley, die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ’n kar gesteel het, het gister vlugtig in die Witbank Landdroshof verskyn, waarop die saak van die rol geskrap en sy vrygelaat is.

Wat die presiese rede is waarom Carmen vrygelaat is, is onduidelik.

Carmen was sedert 1 Maart in aanhouding nadat Kobus van Staden se kar twee dae vantevore by die Moddercourt Woonstelle in Middelburg gesteel is.

Kobus se dogter, Sylvia de Bruin, het inligting opgevolg en is Carmen en haar vriend in eMalahleni gearresteer en die voertuig teruggekry. Die vriend is die volgende dag laat gaan, omdat hy nie positief verbind word met die saak nie.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/04/16/man-praat-vir-eerste-keer-oor-carmen/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button