Keelvol vir vullis agter die hof
Stappers moet hul roetes verander, want die gemors lê die wêreld vol agter die hofgeboue.
Inwoners is keelvol daarvoor dat gedeeltes in ons dorp in vullishope ontaard.
Morsjorse het nie eers respek vir die landdroshof nie en word van klere tot babadoeke sommer langs die hofgebou neergesmyt.
Mense wat in ’n nabygeleë kompleks woon, sê hulle gaan stap gereeld met hul honde in die omgewing.
“Dit is letterlik nou al maande dat die vullis in die parkeerterrein van die hof ophoop.”

Daar word gekla dat daar op die hoek van Beyers Naude en Oliver Thambostrate van klere tot babadoeke, toiletpapier, drankbottels en wegneem-etes se kartonne neergesmyt word.
“Daar word niks aan gedoen om dit op te ruim nie! Ons is verstom dat mense se menswaardigheid so laag kan daal! Dit is so jammer dat die eens aantreklike dorpie nou so sleg vertoon en dit boonop ’n staatsdepartement!”
Hulle is nie eens meer lus om daar in die omgewing te gaan stap nie.
“Jammer, maar Middelburg is lankal nie meer Middelburg nie, maar eerder ‘Vullisterein, Mpumalanga!”
