News

Fietsdiewe slaan weer toe

Inwoners moet liefs lig slaap, want die inbrekers is weer erg in Dennesig en Kanonkop bedrywig!

Fietsdiewe het vroeg vanoggend by ’n huis in Manie Maritzstraat (Dennesig) toegeslaan, waar ’n sweismasjien en drie fietse, onder andere gesteel was.

Mnr. Riaan Koen, het aan die Middelburg Observer bevestig dat vier vardagtes om 02:38 vanoggend sy motorhuis deur oppgebreek het.

Die diewe het die gesin se drie bergfietse, ’n sweismasjien, hulle solarstelsel se panele en batterye gesteel, voordat hulle toegang tot die huis gekry het, en verder op hul strooptog gegaan het.

Wat mnr Koen die meeste omkrap, is dat hulle nie wakker geword het nie.

“Ek is ’n ligte slaper, maar nie eers die honde het geblaf nie. Ons pekinees slaap in die huis en ons bure se honde is baie aggressief en selfs dié het nie geblaf nie.”

In die huis is die volgende gebuit: televisie, hoëtroustel, Riaan se werksak, ’n klomp rugsakke, R11 000 se vleis, ’n klomp CD’s en beide pare brille.

“Ek vermoed hulle het die rugsakke en my werksak gesteel omdat hulle die vleis daarin wou pak. Hulle het ook nie al die CD’s gesteel nie, wat vir my sê hulle is dalk afgeskrik.”

Die gesin kon op die CCTV kamerastelsel van bure twee huise af sien hoe vier verdagte mans, voor die inbraak by die straat, afloop.

• Die Koen’s se voorval is die tweede inbraak hierdie week, nadat ’n sweismasjien en ’n fiets in Kanonkop ook gesteel is.

Mnr Anton Heiberg glo die vier verdagtes wat hy op 14 Maart afgeskrik het, weer terug gekom het in die vroeë oggendure van Woensdag.
Hulle het die hek van die spoor afgelig, die motorhuis deur oopforseer, en weggekom met sy BMW motorfiets, sy bergfiets en ’n sweismasjien.

Lees meer:

Motorfietsdiewe sak toe by een huis in Kanonkop

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button