News

Kyk uit vir bakkie met SG Coal plakkers wat vanaand gekaap is!

Die polisie en noodgroepe van Middelburg en omgewing is tans opsoek na 'n dubbelkajuit Hilux Legend Logistics bakkie, met SG Coal se naam op, wat vroeër vanaand gekaap is.

Die voorval het omstreeks 06:13 net buite Middelburg gebeur.

Daar is pas verneem dat die kapers die bestuurder van die voertuig nog saam met hulle het.

Inligting word opgevolg dat die voertuig moontlik in die rigting van Groblersdal kan beweeg. Hulle kon egter omgedraai het en op enige ander roete buite die dorp wees.

Die bakkie se registrasienommer is KJT187MP en die maatskappy voertuignommer (op kant van bakkie) is CLL056.

As motoriste die bakkie opmerk, word gevra dat hulle 083 653 1018 moet bel. Hulle moenie self die voertuig probeer stop nie, aangesien die kapers gewapen is.

‘n Brandweerman is verlede week by sy huis gekaap. In die proses is sy vrou en kinders ook aangerand. Die kapers het ‘n ent met hom gery, waarna hulle hom langs die pad afgelaai het.

Lees meer hier: 

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/04/26/firefighter-hijacked-by-four-armed-men/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button