Man wat vermoor is, se begrafnis deur gemeenskap betaal
Die Middelburg gemeenskap se hande en harte het uitgegaan na die Van der Walt familie, wat hulp gevra het na hul pa, oom Douw van der Walt (64), verlede naweek vermoor is.
Die gesin het vroeg hierdie week vir hulp gevra, omdat hulle nie die fondse beskikbaar gehad het oom Douw te begrawe nie.
Sy dogter, Mandie Coetzee, het laat weet dat hulle van oraloor af skenkings gekry het en vandag kan voortgaan met sy begrafnis.
Daar was teen Woensdag nog kommer dat hulle nie ‘n begrafnis sou kon hou nie, omdat hulle op daardie stadium nog nie genoeg geld gehad het nie.
“Sê asseblief dankie vir almal wat geskenk het, ons het al die geldjies ingesamel. Dankie vir almal se hulp en ondersteuning,” het Mandie dankbaar gesê.
Oom Douw se lyk is Saterdagoggend in die veld tussen Suid- en Kogelstraat gekry.
Lees meer hier:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/05/04/wrede-moordtoneel-in-veld-gekry/
Familie en vriende het Woensdagaand op die plek waar sy lyk in die veld gekry is, bymekaar gekom waar hulle kerse aangesteek, saam “Amazing Grace” gesing en die pastoor ‘n boodskap van bemoediging gebring het.
Lees meer hier: