News

Familie sing en bid waar man vermoor is

’n Groepie mense het gisteraand in die veld bymekaar gekom waar oom Douw van der Walt vermoor is.

Die klank van hartseer stemme wat “Amazing Grace” sing, het gisteraand uit die veld gekom waar oom Douw van der Walt se lyk Saterdagoggend gekry is.
Sy familie en vriende het by die kruisie, wat sy seun, Deon, vroeër hierdie week opgesit het, byeen gekom om saam te bid en te sing.

Tydens die geleentheid is daar kerse aangesteek en het hulle mekaar ondersteun.

• Pastoor Miles Scotland het die byeenkoms gelei met ’n besondere boodskap.

• Deon, oom Douw se seun, het die video van die hartseer geleentheid goedgunstiglik beskikbaar gestel vir publikasie.

• Oom Douw is in die vroeë oggendure Saterdag erg gemartel voor hy doodgemaak is. Daar is ook met ’n kar oor hom gery.

“Ons sal aanhou soek vir die moordenaars totdat ons geregtigheid kry vir my pa se moord,” het Deon gesê.

@middelburgobserver

Familie en vriende hou ’n ere-afskeid op die plek waar oom Douw van der Walt se liggaam gevind is nadat hy wreed gemartel en vermoor is. #middelburg #douwvdwalt #moord ere-afskeid

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Lees ook:

Wrede moordtoneel in veld gekry

Man wat wreed vermoor is, se familie vra hulp vir begrafnis

 
Back to top button