Lynette was ’n omgeemens
Lynette Botha was ’n spesiale vrou vir almal wat haar geken het en was haar dood vir almal ’n geweldige skok.
Lynette Botha (55), die vrou wat welbekend was eers by die Sasol-, toe by Total- en tot kort voor haar afsterwe by die Engen Kanonkop Vulstasies, is Dinsdag in die Life Midmed Hospitaal oorlede.
Haar familie het haar Sondag hospitaal toe geneem, waar sy Dinsdag om 17:08 gesterf het.
Lynette het in 2008 vanaf Polokwane na Middelburg verhuis, waar sy dadelik ’n nuwe vriendekring gebou het met haar besondere vriendelike geaardheid.

Haar seuns onthou haar as ’n vrolike mens, “wat meer vir ander omgegee het as vir haarself.”
Sy word oorleef deur haar seuns, Hanco, JC en Christo Greijling, broer Anton de Wet, suster Annelize Fourie, eksman Danie Botha en kleinkinders Handré, Carlo, Milanché en Dandré.
• Die gesin is nog besig om begrafnisreëlings te tref.
