News

Is dit jou juweelkissie?

’n Swaar groen juweelkissie is onlangs deur ’n man onder ’n boom in Springbokstraat neergesmyt, waarna hy in ’n taxi geklim en verdwyn het.

’n Bejaarde vrou het gesien hoe hy die juweelkissie neergooi.

“Ek was besig om in die tuin te werk, toe ek die man sien met ’n sak oor sy skouer, wat opgestap het in Springbokstraat. Die volgende oomblik het hy iets uit die sak gehaal en dit oorkant die pad onder die boom neergegooi,” het die vrou (wat anoniem wil bly) gesê.

Sy was pas by die Middelburg Observer se kantore en verduidelik dat sy die betrokke dag (so paar weke gelede) gesien het hoe die man iets onder die boom neergooi.

Sy het gaan kyk wat dit is en gesien dat dit ’n juweelkissie, wat waarskynlik van marmer gemaak is, wat neergegooi is.

“Die deksel van die juweelkassie is natuurlik afgebreek, maar ek glo iemand het sentiment daaraan. Dit kan reggemaak word!”

Die vrou noem dat sy eintlik van dit vergeet het, maar vanoggend weer die juweelkissie in haar huis gesien het en dit graag vir die eienaar daarvan wil terugbesorg.

• Die juweelkissie is by die Middelburg Observer se redaksiekantoor. Ons is nog tot 13:00 hier vandag, waarna die eienaar van die juweelkissie Maandagoggend 08:00 ook kan navraag doen (013 243 2434, vra vir Daleen Naude).

 
Back to top button