News

Motoris se geskree op slagoffer na motorfietsongeluk ‘was onnodig’

'n Motoris wat gistermiddag gehelp het op die toneel waar 'n afleweringsman ernstig beseer is in 'n motorfietsongeluk, voel die ongevraagde geskree uit 'n ander voertuig, was onnodig.

Talle motoriste was besorg oor hoe dit met die man gaan wat gistermiddag omstreeks 17:00 in die motorfietsongeluk was in Samora Machelstraat, naby Janmy Dienste.

Hy is per ambulans na die Middelburg Hospitaal geneem, waar hy behandel word vir ‘n ernstige arm- en beenbreuk.

Mnr. Stanton de Souza, wat op die toneel gehelp het, het in ‘n sterk bewoorde brief aan die Middelburg Observer hom uitgespreek teenoor ‘n persoon wat uit ‘n Wit Polo op die afleweringsman geskree het na die ongeluk.

Hy het kwaad gemeld dat die man uit sy voertuig geskree het: “Want dis mos omdat julle soos jul gatte ry!”

Sy vraag aan die persoon vir sy ongevraagde geskreeu is: “Het jy gesien hoe dit gebeur? Het jy gestop om te help? Nee, jy het nie, jy wou eerder grootbek weer voor jou gesin. Kry eers jou feite reg in die vervolg. Ek het die man gehelp, maar jy gee eerder slegte kommentaar!”

Mnr. De Souza het genoem dat die man by die verkeerslig gelê het met ‘n gebreekte been en ‘n oop fraktuur, waar bloed deur sy broek gesypel het. “Daar het ook bloed by sy mond uitgekom na ‘n ongeluk, wat nie eers sy skuld was nie.”

Hy het sy brief afgesluit met: “Net ‘n bewys. Een vir die duiwel en almal vir hulself.”

Dit is die soveelste ongeluk waarin ‘n afleweraar beseer of gesterf het.

  • In April 2022 het Mothea Madihlaba gesterf in ‘n ongeluk in Walter Sisulustraat.

Die persoon wat die ongeluk veroorsaak het, Jonas Moedigi Sebati, het in April hierdie jaar skuldig gepleit op strafbare manslag en is die saak uitgestel na ‘n later datum vir vonnisoplegging.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/04/25/man-pleit-skuldig-vir-afleweraar-se-dood/

  • In Julie 2022 is ‘n afleweraar ernstig beseer in ‘n ongeluk in Lilian Ngoyistraat

Lees ook:

Delivery motorcycle struck in Lilian Ngoyi Street

  • Op 22 Februarie hierdie jaar sterf Jose Ndikara na ‘n ongeluk met ‘n trok in Mandelastraat.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/02/19/mr-d-delivery-man-dies-in-late-afternoon-accident/

  • In Maart is nog ‘n afleweraar beseer in nog ‘n ongeluk op die hoek van Meyer- en Cowen Ntulistraat.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/03/26/delivery-biker-injured-in-collision/

 

Back to top button