News

Video: Hannon kom kuier ten bate van navorsing vir dierekanker

Die bekende skoonheid-ikoon, Hannon, kom kuier op 22 Junie in Middelburg om nie net ons vroue mooi te maak nie, maar ook te help dat fondse ingesamel word vir dierekankers.

Mev. Middelburg, Naomi Steenkamp, wat onlangs ook gekroon is as Mev. Nkangala, bring Hannon op dié dag na Middelburg.

Hy sal van 09:00 af by die Izak Badenhorstsaal te siene wees.

Alle fondse wat ingesamel word, sal geskenk word vir die organisasie wat navorsing doen oor dierekankers by Onderstepoort.

Kaartjies beloop R120 per persoon en kan bekom word op www.quicket.co.za.

Vir meer inligting, skakel Naomi by 064 968 5665.

@middelburgobserver

Beauty Guru Hannon coming to Middelburg for a very special cause!

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Back to top button