News
Video: Een beseer na ongeluk tussen trok en vier voertuie
Die pad is weer oop vir verkeer na ’n ongeluk vroeër vanmiddag op die N11 tussen die Protea- en Harry Gwala afdraaie.
Na wat verneem word is ten minste een persoon hospitaal toe geneem na die ongeluk wat kort na 14:00 gebeur het tussen ’n trok, ’n taxi en drie bakkies.
• Louwtjie Swart (Traffic Alert WhatsApp-groep) het pas laat weet dat die toneel bykans heeltemal opgeruim is.
• Persone wat wil deel word van die groep kan vir hom ’n WhatsApp stuur na 078 400 9517.
@middelburgobserver one person was injured in an accident with a truck and four vehicles on the N11, between Protea and Harry Gwala Street. #middelburgmpumalanga #middelburgobserver
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
