News

Johan het alles met oorgawe gedoen

Johan se begrafnis volgende Donderdag.

Johan Cowan, die man wat alles in sy lewe met oorgawe gedoen het, se begrafnis is op 27 Junie om 11:00 uit die Corpus Christi gemeente.

Hy is Sondag in die vroeë oggendure in sy bakkie, wat langs die pad by die Snake Road afrit in Benoni gestaan het, gevind.

Sy familie het hom beskryf as ‘n sterk man, wat dit wat hy aangepak het, met oorgawe gedoen het.

“Hy het ‘n goeie hart gehad en het dit wat hy het, met ander gedeel. Hy was lief vir die lewe en lief vir die mense in sy lewe. Sy vrou en twee kinders was sy alles. Ons rus in die wete dat Hy by ons Hemelse Vader is.”

Mike Bolhuis se span van Specialised Security Services is aangestel om die polisie te help om die moordsaak te ondersoeken hulle vra enige persoon wat inligting kan verskaf, om hulle te skakel.

Lees meer hier:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/06/18/mike-bolhuis-se-span-help-met-ondersoek-in-middelburg-man-se-moord-op-benoni/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button