News
Verkeer opgehoop na ongeluk
Verkeer is erg opgehoop na ’n ongeluk op die N4 tussen die Middelburg Tolplaza en die Olifantsrivierbrug.

Motoriste word gemaan om alternatiewe roetes vanaf Middelburg na eMalahleni te gebruik, om nie in die verkeer, wat botstil staan, te lande te kom nie.
Na wat verneem word was daar ’n ongeluk tussen drie karre tussen die tolhek en die Olifantsrivierbrug.
• Daar is op die Traffic Alert WhatsApp-groep gesê dat verkeer reeds sowat twee kilometer opgedam het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.