News

Drie vas na plaasaanval

Drie verdagtes sal vandag in die hof verskyn vir die besit van onwettige vuurwapens, maar kan hulle moontlik ook verbind word met die plaasaanval verlede Donderdag by ’n lodge in Machadodorp.

Lede van die ernstige geweldsmisdaad-eenheid se opsporingspan, asook sekuriteitsfirmas en die K9 (honde) eenheid van die polisie het Vrydag saamgewerk om drie verdagtes vas te trek na die plaasaanval op ’n lodge buite Machadodorp.

Die drie sal vandag in die Kabokweni Landdroshof verskyn op onder andere besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook klagtes wat verband hou met die plaasaanval en ’n poging tot ’n transitorooftog.

Tydens hul arrestasie in Kabokweni het die polisie beslag gelê op verskeie vuurwapens, waaronder pistole, gewere, klankdempers en ammunisie.

Volgens ’n persvrystelling deur die polise se provinsiale mediakantoor, is die operasie Vrydag uitgevoer nadat die polisie inligting ontvang het oor waar die verdagtes is.

Die verdagtes was na bewering betrokke by verskeie misdade, insluitend rooftogte, wat in die laaste tyd in die provinsie, gepleeg is.
Die vuurwapens waarop beslag gelê is, sal ballistiese toetse ondergaan om vas te stel of dit nie voorheen in die pleeg van ander misdade gebruik is nie.

• Die provinsiale mediakantoor het ook bevestig dat hulle die moontlikheid ondersoek dat hulle betrokke kon wees by die plaasaanval Donderdag by die lodge op Machadodorp waar mense vasgebind en wapens en ’n VW Golf geroof is.

Na die aanval, is die rowers gejaag tot by Kaapsehoop, waar hulle die voertuig gelos en die bosse ingevlug het. ’n Erge brand het gewoed in die area, wat die soektog bemoeilik het.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/07/04/video-polisie-soek-na-rowers-in-veld-waar-n-reuse-brand-woed/

Die rowers het daarna in die plantasie by Kaapsehoop ingevlug.

Lees ook:

Rowers vlug in plantasie in

• Die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die arrestasies verwelkom en gesê dat die polisie in die provinsie hard werk om te verseker dat diegene wat misdade pleeg dienooreenkomstig hanteer word.

• Dié aanval was net etlike dae na ’n kaping van ’n werknemer op ’n plaas op Belfast. Later het die kapers ook op die boer van Belfast losgebrand. Gelukkig is niemand beseer nie.

Lees ook:

Boer vertel van trauma tydens kaping en skietery op Belfast plaas

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button