
Titon Sekuriteit en Alarms het ’n troksilinder, wat moontlik gesteel is, terugekry.
Volgens Titon reaksielid, Martin Meintjes, het ’n man die silinder in ’n winkeltrollie straataf gestoot en toe hy gekonfronteer word oor wat in die trollie is, het hy omgespring en weggehardloop.

• As enigiemand die silinder herken, kan hulle dit gaan uitken by die polisiestasie.
• Persone wat wil navraag doen by die polisie oor die silinder, moet daarop let dat die hoofraamnetwerk van die polisie af is, nadat daar klaarblyklik parte gesteel is in Pretoria. Hulle sal self polisiestasie toe moet gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.