News
Vrou en kind sterf in vroeë oggend ongeluk
Net etlike dae na ’n gru-ongeluk op die Belfast/Dullstroompad wat die lewe van vier mense, waaronder ’n polisieman en twee Amerikaanse toeriste geëis het, het twee mense vanoggend in ’n ongeluk op dieselfde pad gesterf.

’n Vrou en ’n kind het vanoggend gesterf in ’n ongeluk tussen ’n VW Golf en ’n trok net buite Belfast op die Dullstroompad (R540).
Die presiese omstandighede van die ongeluk, wat net voor 05:00 plaasgevind het, is nie bekend nie.
Louwtjie Swart (van Traffic Alert) het motoriste van die ongeluk in kennis gestel.
Van Wettens Insleepdienste van Middelburg het ook hulp op die toneel verleen.
Beide die vrou en die kind het op die toneel gesterf.
• Die ongeluk volg minder as ’n week na die ernstige ongeluk sowat 10km verder op dieselfde pad tussen ’n polisievoertuig en ’n ander bakkie.

Lees meer hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.