News
Een beseer na bakkie op draai rol
'n Mahindra bakkie het vroeër vandag gerol op die draai naby die Middelburg Hospitaal.
Een persoon is beseer in ‘n ongeluk omstreeks 10:00 in Walter Sisulustraat.
Na wat verneem word het die bakkie beheer verloor in die draai naby die Middelburg Hospitaal en omgeslaan.
Die bestuurder van die bakkie is per ambulans hospitaal toe geneem.
Aba Insleepdienste het hulle na die toneel gehaas om die voertuig, wat op sy kant oor twee bane gelê het, uit die pad uit te kry.

- Die Traffic Alert WhatsApp-groep het motoriste in kennis gestel van die ongeluk.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
