News

Bagasiebakmoord beskuldigdes in hof

Die drie mans en vrou wat aangekla is na die moord van Danie Maritz, wat in die bagasiebak van ’n uitgebrande voertuig gekry is, het gister weer in die hof verskyn.

Alex Jordaan, Angie Appelgryn, Jan Jordaan en Kobus Pretorius het gister vlugtig in die hof verskyn.

Tydens hul verskyning het een van die beskuldigdes, Alex Grobler, toestemming gevra om buite die eMalahleni area te pendel om vir sy ouers in KwaZulu-Natal te gaan kuier.

Hy het aangevoer dat hulle siek is en is die aansoek toegestaan.

Danie is tussen die nag van 15 November en die vroeë oggendure van 16 November 2023 by ’n skrootmetaal besigheid in Middelburg vermoor.

Sy oorskot is daarna in die bagasiebak van Appelgryn se voertuig gelaai en daarmee gery tot naby ’n myn in Clewer, waar dit aan die brand gesteek is.

Danie Maritz se oorskot is in die bagasiebak gevind nadat die voertuig uitgebrand het.

Grobler, Appelgryn en Jordaan is kort na die moord gearresteer en Pretorius het homself, nadat die ander drie se borgverhoor reeds afgehandel is, aan die polisie oorgegee.

Angie Appelgryn.
Alex Grobler.

Pretorius en Jordaan word van die moord beskuldig en die klagtes teen Grobler en Appelgryn is rakende die gebeure waar Danie se oorskot verwyder is van die toneel en die voertuig, moet hom nog daarin, aan die brand gesteek is.

Jordaan en Pretorius is steeds in aanhouding en Appelgryn en Grobler het tydens een van hul vorige verskynings reeds borg gekry.

Jan Jordaan.
Kobus Pretorius.

Die saak is uitgestel na later vanjaar.

• Tydens Grobler, Appelgryn en Jordaan se borgaansoek verlede jaar het die ondersoekbeampte, sersant Osia Banze, gesê dat hy borg teenstaan ten opsigte van die wreedheid waarmee die moord gepleeg is.

Lees ook:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button