News
Besig met opruimingswerk waar trok omgeslaan het
Opruimingspanne is besig om die toneel skoon te maak waar ’n trok vanoggend omgeslaan het.
Daar is pas laat weet dat die trok, wat vanoggend omgeslaan het op die hoek van Protea- en Meyerstraat opgelig en weggesleep gaan word, sodat skoonmaakspanne met hul werk kan voortgaan.
Louwtjie Swart (Traffic Alert) het laat weet dat die span van Van Wettens besig is om die trok op te lig om weggesleep te word.
Daarna sal die pad skoongemaak word.
• Een persoon is dood en die drywer het ligte beserings opgedoen in die ongeluk wat net na 06:30 plaasgevind het.
Lees ook:
VIDEO: Proteatstraat-kruising by Meyerstraat gesluit na trok omslaan, een sterf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
