News

Kleine Marioné verloor haar stryd teen long infeksie

Nadat daar vir ses jaar vir ’n kindjie gebid is, het hulle net twee maande saam met hul pragtige dogtertjie, Marioné, gehad.

Die twee-maande-oue baba wat verlede week in Life Midmed Hospitaal se neonatale intensiewesorgeenheid opgeneem is nadat sy skielik siek geword het, het Vrydag haar stryd teen die siekte verloor.

Volgens Marioné se pappa, Tiaan van Nieuwenhuizen, het hulle babadogtertjie verlede week Maandag onverklaarbaar baie siek geword, en was hulle genoop om hulp te soek by ’n Groblersdalse ambulansdiens.

Daar is voorgestel dat daar met Marioné na die Life Midmed toe gejaag word, waar Marioné se hartjie met aankoms twee keer geskok moes word, weens n onreëlmatige hartklop.

Met haar opname kon daar nie dadelik ’n diagnose gemaak word nie, maar is daar ontdek dat Marioné ’n longinfeksie opgedoen het wat haar hartjie aantas.

Omdat die gesin nie ’n mediesefonds het nie, is daar beplan om Marioné oor te plaas na Steve Biko Hospitaal. Met die ambulans se aankoms by die Midmed het haar hartjie egter gaan staan, en die oorplasing is geweier omdat haar toestand te kritiek was.

Sy is egter na vyf dae in die intensiewesorgeenheid oorlede.

• ’n Huldeblyk vir Marioné kan in die Observer Daller gelees word.

• ’n Skarebefondsing is op BackABuddy gestig om Tiaan en Marion te help met die mediese kostes. Die profiel is nog aktief, indien mense steeds bydraes wil lewer om Marioné se ouers te help met die hospitaalrekening.

Die volgende skakel kan besoek word:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/marion-van-nieuwenhuizen

Lees ook:

Twee maande oue dogtertjie kritiek, mediese rekeninge hoop op

Marioné ’n ‘klein vegtertjie’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button