News

Marioné ’n ‘klein vegtertjie’

Marioné is ’n klein vegtertjie en is haar dankbaar vir al die gebede uit die gemeenskap.

Die twee maande oue Marioné van Nieuwenhuizen word steeds in die neonatale intensiewesorgeenheid van die Life Midmed Hospitaal behandel, maar lyk, volgens haar ouers, vandag ’n bietjie beter.

Tiaan van Nieuwenhuizen wil graag almal bedank vir hulle ondersteuning en elke gebed wat vir Marioné opgaan.
Hy het vertel dat sy tans nog op die asemhalingsmasjien is, en dat daar nog toetse gedoen word.

“Sy is ’n klein vegtertjie, haar hartjie klop vanself en sy probeer om bo-oor die asemhalingsmasjien asem te haal. Die dokters doen alles wat hulle kan.”

Intussen het oproepe begin instroom en is veral die Groblersdal gemeenskap besorgd oor Marioné se pad na herstel.

“Ons kan nie elke oproep antwoord nie, maar waardeer almal se ondersteuning.”

• Marion en Tiaan het ’n skarebefondsing gestig om te help betaal aan mediesekostes, en die volgende skakel kan besoek word indien mense graag bydraes wil lewer:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/marion-van-nieuwenhuizen

Lees ook:

Twee maande oue dogtertjie kritiek, mediese rekeninge hoop op

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button