News

Dwelmlaboratorium-saak uitgestel

Die mans wat vandag verskyn het nadat 'n dwelmlaboratorium op 'n plaas buite Groblersdal oopgevlek is, bly in aanhouding.

Vyf beskuldigdes het vandag vlugtig in die hof verskyn en is die saak uitgestel, nadat ’n R2 miljard dwelmlaboratorium op 19 Julie op ’n plaas buite Groblersdal deur die Valke oopgevlek is.

Die polisie het beslag gelê op 408,95 kg asetoon en kristalmetamfetamien en die beraamde waarde van die dwelmlaboratorium is R2 miljard.

Die plaaseienaar van Thaba E Monate, Roelof Frederik Botha (57), het saam met vier ander beskuldigdes, Simphiwe Melvin Khumalo (34), Alejandro Gutierrez Lopez (43), Jorge Humberzo Gonzalez (53) en Ruben Vidal Rodriguez (44), in die hof verskyn.

LEES HIER: Video: Vyf wat aangekla word oor R2 miljard dwelmlaboratorium nou in hof

Hulle staan almal tereg op klagtes van die vervaardig van onwettige dwelmmiddels, handeldryf in die middels, of alternatiewelik die besit daarvan, en geldwassery.

Lopez, Gonzalez en Rodriguez, Meksikaanse burgers, het voorlopig hul aansoeke om borgtog laat vaar, terwyl Botha en Khumalo hul aansoek om borgtog voortgesit het.

Die borgtogaansoek van Botha en Khumalo het reeds op 1 Augustus begin, maar weens te min tyd is die saak uitgestel na vandag vir slotbetoë.

Landdros Bogi Mashele het vandag gesê dat hy die ondersoekbeampte in die saak weer na die getuiebank roep vir “meer duidelikheid” oor sekere aspekte.

Hy het die ondersoekbeampte, sers. Ntutu Monene, gevra of foto’s op die toneel geneem is Sers. Monene het daarop gewys dat daar wel foto’s geneem is, maar dat dit steeds by die forensiese span is, en gewoonlik eers na ’n maand vrygestel word.

Hy het aangedui dat hy dit moontlik kan kry, as die hof daarop aandring.

Landdros Mashele het die saak uitgestel na Dinsdag, 13 Augustus, vir die verkryging van die foto’s van die toneel, aangesien hy ’n “dit as ’n noodsaaklikheid benodig vir die hof om ’n ingeligte besluit te neem.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button