News
Vinnige netbal by Fast 5
Hoërskool Middelburg se gewilde Fast 5 netbaldag is op 24 Augustus en gaan ’n totaal van 44 spanne aan dié dag deelneem.
Buiten Middies, is van die volgende skole se spanne ook in aksie: HTS Middelburg, Curro Nelspruit, HTS Witbank, Ligbron Akademie, St Thomas, asook Hoërskole Ermelo, Noordheuwel, Delmas, en Hoërskool Generaal Hertzog.
Agt laerskoolspanne sal ook deel wees van die feestelikheid.
Die dag skop om 7:30 af en sal daar tot omstreeks 17:30 netbal gespeel word.
• Kosstalletjies sal beskikbaar wees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
