News

Dis weer Rooi!

Die Rooies het pas in 'n klipharde wedstryd teen Hoërskool Middelburg gewen!

Die wedstryd tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg was ‘n harde stryd wat almal die hele tyd op hul voete gehou het.

Almal het mekaar omhels na die wedstryd.

In die laaste paar minute het talle ondersteuners in massas langs die veld hul gunstelingspan ondersteun.

“Ons is so bly!”

Daar kan egter net een wenner wees en het die Rooies deurgedruk om die semifinaal van die Midvaal Plaatafdeling met 22-17 te wen.

Die vreugde om te wen.

Selfs die jongklomp het saam in die vreugde gedeel.

Ondersteuners spring op en af van blydskap.
Een van die HTS Middelburg spelers val op sy knieë net sy arns in die lyg pas nadat die eindfluitjie geblaas het.
Van die spelers het mekaar opgewonde onderstebo geduik.
Die spelers wens mekaar geluk.

Kort nadat al die leerlinge op die veld gehardloop het om hul span geluk te wens, het ‘n dogter van HTS Middelburg op die veld flou geword. Te midde van al die opwinding, het ‘n groot groep leerlinge dadelik, soos by vorige geleenthede, ‘n muur om die dogter en die paramedikuste gevorm sodat hulle ongehinderd haar kon help.

Die leerlinge het ‘n muur met hul lywe gevorm om die plek waar paramedikuste ‘n meisie gehelp het wat flou geword het.

Daar is pas verneem dat Transvalia teen Ligbron gewen het en sal HTS Middelburg dus teen Transvalia in die finaal te staan kom. Dit is op hierdie stadium onseker waar die wedstryd gespeel sal word.

@middelburgobserver

‘n Wenkreet van HTS Middelburg nadat hulle pas vir Hoërskool Middelburg in die semifinaal geklop het. Lees meer op die webtuiste van die Middelburg Observer!

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button