Spogprestasies waarop skool trots kan wees!
Hoërskool Ben Viljoen spog met 'n rits sportprestasies wat min skole hulle kan nadoen!
Hoërskool Ben Viljoen kan met reg trots wees op hul sportsterre wat net in die afgelope paar weke talle prestasies behaal het.
Rugby:
Doom Gouws-week
Andrew Blake, Rome Petersen, Leeroy Alexander en Refentse Mashaba het die Limpopo Blou Bulle verteenwoordig by die Doom Gouws-week. Die Doom Gouws-week het plaasgevind by Hoërskool Montana in Pretoria.
Die uitslae is as volg: Hul span wen 24-11 teen die Pumas Rural, verloor 5-25 teen Valke-A en wen 19-14 teen Pumas Stedelik.
Akademieweek
Anvernio Adonis en Mihlali Ntlebi het die Limpopo Blou Bulle verteenwoordig tydens die Akademieweek.
Die Akademieweek was by Jeppe Boys High in Johannesburg.
Die Limpopo Blou Bulle se uitslae is as volg:
• Verloor 40-44 teen Zimbabwe.
• Wen 28-22 teen Namibië.
• Wen 106-7 teen LSEN.


Rhinoweek
Aldin Baatjes, Junaid Stevens en Ryan Cox het die Limpopo Blou Bulle verteenwoordig tydens die Rhinoweek.
Aldin en Junaid was in die A-span, terwyl Ryan in die B-span opgeneem is.
Die Rhinoweek is in Vanderbijlpark aangebied.
A-span uitslae:
• Wen 59-0 teen Valke Iqhawe.
• Verloor 16-21 teen Namibië.
• Verloor 16-20 teen Valke.
B-span uitslae:
• Wen 8-3 teen Pumas.
• Verloor 10-27 teen Luiperds.
• Wen 31-05 teen Valke Iqhawe.



Hokkie
Emma-Lee van der Westhuyzen, Lesedi Makofane en Annél-Marie van der Walt het Limpopo verteenwoordig by die o/14 hokkie streekskampioenskappe.
• Emma-Lee was kaptein van hierdie span, terwyl Lesedi die onder-kaptein was.

Netbal
Kyra Hancke het deelgeneem aan die Telkom netbalkampioenskappe as deel van Limpopo se o/17 Marulaspan.
Hierdie kampioenskappe het by Hoërskool Waterkloof in Pretoria plaasgevind.

Tennis
Hoërskool Ben Viljoen se seuns- en dogterstennisspanne het skitter-uitslae behaal in hul eerste ligawedstryde teen Hoërskool Ellisras.
Ben Viljoen se dogterspan wen met 42 potte teen een, terwyl die seunspan met 38 potte wen teenoor ses.

Gholf
Tydens die Bosveld Interhoër gholfkompetisie het sewe skole van die Bosveldliga vanaf 08:00 by die Euphoria gholfbaan in Mookgophong afgeslaan.
’n Dag van uitstekende gholf is gespeel en almal getuig van uitdagende, maar tog lekker toestande.
Die A-liga word gewen deur Hoërskool Hans Strijdom, met Hoërskool Ben Viljoen se gholfspelers in die tweede plek, gevolg deur Hoërskool Ellisras in die derde plek. Hierdie uitslae van die A-liga is gebaseer op die nettotelling.
In die B-liga, eindig die Ben Viljoeners in die vyfde plek, terwyl hul in die C-liga ’n totaal van 101 punte maak, wat aan hulle ’n tweede plek besorg.
Hoërskool Ben Viljoen se gholfspanne eindig algeheel derde.
• Die skool se A-span neem hierdie week deel aan die Suid-Afrikaanse Skole Gholfkampioenskappe in Worcester.

