News

Sewentigjariges beplan grootste reünie ooit

Daar gaan gróót fees gevier word, nie net met ’n reünie van die 1972 matrieks van Hoërskool Ermelo nie, maar ook om almal wat dié jaar 70 jaar oud word se verjaardae te vier!

In April 2022 het Hoërskool Ermelo se 1972 matrieks hul 50ste reünie gehou en is dan en daar besluit dat as hulle 70 jaar oud word, dat daar wéér saamgekuier moet word.

Middelburger Attie Britz, een van die organiseerders van die reünie, vertel hoe lekker die groep almal saamgekuier het tydens die vorige reünie.
Die oud-rugbyspelers van daardie jaar het selfs op die veld gedraf voor ’n groot rugbydag by die skool.

“Dit is my missie en visie om vanjaar die grootste reünie te maak, wat nog by die skool gehou is!” sê hy opgewonde.

Die reünie word vanaf 25 tot 27 Oktobern gehou.

Attie meld dat die komitee reeds op 2 Maart vanjaar vergader het en dat die finale vergadering vir reëlings en getalle op 6 September sal plaasvind.

“Ek het reeds gedurende 2023 die skoolgroep in kennis gestel en die skool het dit ook op hul kalender aangeteken.”

As daar nog enige persone is wat in 1972 gematrikuleer het aan Hoërskool Ermelo, wat die reünie wil bywoon, moet hulle so gou as moontlik vir Attie skakel by 082 492 4495.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button