News

Video: ’n Groot Rooi Bul dankie!

“Middelburg is Rooi!” het HTS Middelburg se kaptein, Toy Engelbrecht Saterdag aan die einde van die kort dankie-sê boodskap na die wedstryd teen Hoërskool Middelburg gesê.

Toy Engelbrecht, wat Saterdag die Rooies gelei het tot ’n oorwinnning teen Middies, het in ’n kort, kragtige boodskap sy dank uitgespreek teenoor die leerlinge, ouers, personeel en ondersteuners wat beide spanne op die pawiljoene en langs die veld ondersteun het.

Hy het dit duidelik gestel dat almal se ondersteuning die spelers gedra het.

Engelbrecht het ook sy span, wat hy sy ‘30 broers’ genoem het, en die afrigters bedank.

• Engelbrecht, die hoofseun van HTS Middelburg, is nie net die kaptein van die Rooi Bulle se eerstespan nie. Hy het vroeër hierdie jaar die o/18 Pumaspan gelei tydens die Stadio Cravenweek, waar hulle onoorwonne was.

• Hy is ook die kleinseun van Toy Dannhauser, wat die kaptein was van die destydse Transvaal, wat later die Leeus geword het.

@middelburgobserver

“Middelburg is Rooi!” sê Rooi Bulle se kaptein na hulle Hoërskool Middelburg wen.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

 

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button