News

Bakkies bots in besige kruising, een slaan om

Die pad voor die plaaslike landdroshof is tydelik toegemaak nadat twee bakkies in ’n botsing in die besige Beyers Naude- en Walter Sisulustraat kruising betrokke was.

Een van die bakkies het op sy sy beland nadat dit ’n beton versperring getref en omgeslaan het.
Die bakkie wat omgeslaan het, het eers teen die ander bakkie gebots voordat dit die bestonversperring getref het.

Nooddienswerkers op die toneel probeer nog die bakkie wat omgeslaan het se bestuurder oortuig om hospitaal toe vervoer te word vir ondersoek.
’n Man en vrou was in die bakkie toe dit omgeslaan het, sê ooggetuies.

Die betonversperring wat deur die wit bakkie getref is voordat dit omgeslaan het.

’n Ooggetuie sê dat die bakkie tydens die impak met die betonversperring omgedop is, en op sy sy te lande gekom het.

Die pad is tydelik gesluit en opruimingswerk moet nog begin.
Polisie en verkeerspersoneel is op die toneel.

Die bakkie op sy sy.

• Motoriste word gevra om die botsingstoneel versigtig te benader weens ’n baan in Walter Sisulustraat wat deur beide bakkies versper word.

@middelburgobserver

A vehicle overturns in a collision near Middelburg Magistrates’ Court. #middelburg #accidents#traffic

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button