News

Kloof by Presidentsrus in ligte laaie na brandstigting

Daar woed tans ’n brand in die klowe van Presidentsrus met die plaaslike brandweer wat tans teenbrande maak om huise teen die vlamme te beskerm.

Talle van die huise is houthuise en inwoners sê die brand is gister reeds aangesteek.

Volgens een van die inwoners is die brand gistermiddag opsetlik oorkant Corobrik aangesteek.
Weens die droeë toestande, en aangedryf deur sterk winde, het die brand vinnig deur die veld na Presidentsrus beweeg.

Groot kolomme rook is sigbaar in die vallei.

Daar word tans op verskeie kolle teen brande geveg, insluitende in die kloof oorkant Olifants River Lodge.
Groot kolomme rook is sigbaar in die vallei.

Die brandweer het nou teenbrande in die klowe teen die rivier gemaak, vir ’n opwaartse brandstrook om huise teen die vlamme te beskerm.

Tot dusver was daar gelukkig geen eiendomsverliese aangemeld nie.

Verskeie mense, inluitende lodge personeel, help tans om die brande te bestry.

@middelburgobserver

Fire in Olifants River Gorge threatens properties in Presidentsrus. #olifantsriversafaris #Presidentsrus #Middelburg #Fireseason #Fire

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button