News

Wonderfontein Boeredag gaan honderde boere vanjaar baat

Plaaslike boere trek Donderdag weer saam vir die jaarlikse Wonderfontein Boeredag, waar die Hoëveld se voedselproduseerders onder meer trekker, planter- en spuiterdemonstrasies kan bywoon.

Die boeredag word deur die Wonderfontein Boerevereniging aangebied en geniet vanjaar weer die ondersteuning van groot borge in die landbou-industrie.

Dit vind plaas op die plaas van Petie Bezuidenhout.

Ingang beloop R100 vir die dag met hekke wat om 08:00 oopswaai.

Om 09:00 sal die amptelike opening en verwelkoming plaasvind, met professor Francois du Randt wat om 10:00 sy praatjie getiteld “Eet vleis en red die planeet,” sal lewer.

Tussen 13:00 en 16:00 sal boere na die landerye beweeg vir demonstrasies deur markleiers, met die nuutste beskikbare tegnologie in trekkers, planters en spuiters wat ten toon gestel sal word.

Na die demonstrasies kan boere bietjie asemskep met Adam Tas en Ichnus wat vermaak sal lewer, terwyl die braaivleisvure aangesteek word vir die boereworsrolle.

’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees vir droeë kele vanaf 16:00 met gratis koffie, bier en Gin wat deur die dag beskikbaar sal wees.

Verskeie kosstalletjies sal ook gedurende die verloop van die dag beskikbaar wees, met onder meer ontbytrolle, pap en kaiïngs en sosaties op die spyskaart.
Altesaam 80-uitstallers het reeds hul plekke vir die boeredag bevestig.

Die boeredag het laasjaar meer as 350 boere getrek, en beloof om dié jaar nog groter te wees.

Boere wat nog nog nie hul bywoning bevestig het nie, kan Wonderfontein Boerevereniging se voorsitter Ernst van den Berg by 083 227 1051 skakel vir verdere besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button