News

Die groot kanonne agter die Noordvaalbeker

Dis ’n groep afrigters met onskatbare ervaring en kennis in rugby wat Hoërskool Kanonkop se eerste en o/14-span so ver deur die SDC Noordvaal Beker gedra het.

Die o/14’s het tot by die semi’s gevorder en het die eerste span die naweek vir Carletonville in die SDC Noordvaal Cupfinaal (Afdeling 4) met 27-12 gewen!

Volgens Dirkie Strydom, sportdirekteur by Hoërskool Kanonkop, was die ondersteuning van die groep afrigters en die fokus op die ontwikkeling van elke speler se individuele talente die wenresep wat die skool se Swart Leeus die eindstryd laat wen het, en die o/14’s tot tot by die semifinaal gedra het.

“Ons het ’n vyfjaar plan ingestel, en waar ander skole tydens die Aprilvakansies op rugbytoere gegaan het, het ons eerder ’n oefenkamp vir ons spelers gehou,” het Strydom gesê.

Uit die 13 afrigters, is elke afrigter se sterkpunte gebruik om die kinders dissiplines te leer tydens die oefenkamp.

“Ons het regtig eerder gefokus op die individu as op ’n span. Ons het ook nie beserings gehad wat gewoonlik gebeur tydens rugbytoere nie, en kon daarom die seisoen met sterk en gesonde spanne begin.”

Die eerstespan is deur pa en seun, PG en Piet Slabber afgerig.

Pa en seun, PG en Pieter Slabber.

Die o/14’s was onder die leiding van Gert van Eeden en Dirkie Strydom, wat self twee rugbylegendes is. Hul span het in die semifinaal teen Queens High gespeel.

Strydom het in 1995 sy SA Barbarian- en die jaar daarna sy Springbokkleure verwerf waar hy tot en met die 2000 seisoen vir die Blitsbok sewesspan gespeel het.

Tussen 2001 en 2008 is hy oor na Ierland waar hy vir Bellymena en Ulster ook gespeel het.

Van Eeden rig nou vir sy 30ste jaar by Hoërskool Kanonkop af.

Hy het in beide laer- en hoërskool in die Cravenweek gespeel, en het vir twee jaar vir Hoërskool Middelburg se eerstespan uitgedraf.
Daarna het hy vir die Wes-Transvaalse o/20’s uitgedraf en ook vir die Pukke eerstespan.

In 1998 was hy by die Pumas en was ook ’n lid van die Middelburg Rugbyklub waar hy vanaf 1997 tot 2001 die kaptein van die span was.

“Die begin van die jaar het ’n groot impak op ons rugbyspanne gehad, en die ondersteuning van die groep rugby-afrigters het ook tot ons Noordvaalbeker sukses bygedra. Daar is niks van jou span of my span nie, en al 13 afrigters het om die veld tydens die eerstespan se eindstryd gestaan,” het Strydom afgesluit.

• ’n Pragblad met foto’s van die eerstespan se segetog die naweek, kan op bladsy 15 van hierdie week se Middelburg Observer gesien word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button