News

Sewe beseer in ongeluk op N4

Motoriste word gemaan om versigtig te ry op die N4 na 'n ernstige ongeluk tussen 'n petroltenker en twee voertuie.

Daar was omstreeks 13:30 vandag (Vrydag) ‘n ongeluk by Berg-en-Dal (Dalmanutha) tussen Belfast en Millys.

Louwtjie Swart het op die ‘Traffic Alert’ WhatsApp-groep motoriste gewaarsku dat daar ‘n ernstige ongeluk is.

Daar is ook op die ‘Belfast Emergency’ Whatsapp-groep gemeld dat die Westelike baan (Middelburg se kant toe) gesluit was, maar daar is pas verneem dat die voertuie reeds uit die pad verwyder is.

Sewe mense, waarvan een ernstig, is in die ongeluk beseer.

  • Persone wat wil deel wees van die Traffic Alert WhatsApp-groep om op hoogte te bly van wat op die paaie in die omgewing gebeur, kan ‘n WhatsApp stuur na Louwtjie by 078 400 9517.
Een van die voertuie wat in die ongeluk betrokke was.
‘n Sleepwa het tydens die ongeluk ook omgeslaan.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button