News

Man en vrou beseer in ongeluk op N11

'n Man en vrou het beserings opgedoen in 'n ongeluk omstreeks 13:00 vanmiddag op die N11.

‘n Voertuig het vanmiddag op sy voorkant teen ‘n palissade heining tot stilstand gekom na ‘n ongeluk naby Pullenshope.

Die presiese omstandighede van die ongeluk is nie bekend nie, maar op die toneel is beweer dat die vrou, wat die Hyundai bestuur het, moontlik uitgeswaai het vir ‘n trok wat vanaf Pullenshope se kant ingedraai het op die N11. Dit kon egter nie bevestig word nie.

Sy het beheer verloor oor die voertuig en het dit omgeslaan en op sy neus, wiele in die lug, te lande gekom teen die palissade heining.

Die man, wat ‘n passasier was in die kar, het ernstige beserings opgedoen. Beide die man en vrou is per ambulans hospitaal toe geneem.

 

  • Do you have information on a news story you think we should cover?

    Please send an email to our News Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

    To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

    FacebookInstagram, TikTokX (Formerly Twitter), and YouTube.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button