News

Stormwind ruk boom om

'n Geweldige stormwind het gisteraand 'n boom omgeruk en ook blare en takke wyd in die dorp rondgestrooi.

Nadat die wind gister heeldag gewaai het, het dit in ‘n stormwind ontaard en ‘n reuse boom in Maroelastraat (Kanonkop) omgeruk.

Om seker te maak motoriste ry nie in die boom, wat in die pad gelê het, vas nie, het mnr. Rassie Erasmus glim veiligheidsband om die area gespan.

Mnr. Rassie Erasmus wat glim veiligheidsband om die boom gespan het, sodat motoriste nie daarin vasry nie.

Een van die inwoners in die straat het met sy bakkie die boom uit die pad probeer sleep, maar die boom was te swaar en is die munisipaliteit gekontak.

Munisipale werkers was blitsig daar en het tot na 23:00 gewerk om die boom op te saag en uit die pad te verwyder.

Die munisipale werkers besig om die reuse boom op te saag.

Die 16-jarige Hendri Erasmus het ook ‘n handjie bygesit en die Erasmus-gesin het vir die werkers koeldrank en skyfies gegee om dankie te sê vir hul harde werk.

Hendri Erasmus (16) wat ‘n handjie bygesit het.
  • As daar dalk in jou omgewing ook skade was weens die stormwind, stuur jou verhaal en foto’s per WhatsApp na 072 248 3855.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button