VernonB, soos hy in die musiekwêreld bekend staan, het die tyd van sy lewe gehad by die Danny-toekennings. FOTO: Verskaf
Vernon Barnard is Sondagaand gekroon as die Community Choice Award-wenner by die sewende jaarlikse Danny Musiekstigting-toekennings in New York.
Vernon het nege ander finaliste uitgestof om met die titel weg te stap en het vyf duisend dollar in die sak gesteek.
Die twee Vernons (Barnard) in New York. FOTO: Verskaf
Die twee Vernons, pa en seun, is reeds op pad terug na Suid-Afrika.
VernonB en sy pa is op die vlug na Suid-Afrika. FOTO: Verskaf
Hulle het van die Strand in die Kaap na Gauteng gery met al Vernon se musiek- en klanktoerusting en daar is vyf vertonings vir hom gereël.
Verstommend is dat die oud-Middelburgers nie belangstelling van enige plaaslike restaurant of venues gekry het om op te tree nie. Vernon (senior) sê hulle het uitgereik na twee restaurante, maar ’n vertoning kon nie gereël word nie.
Die Danny-stigting bied die kompetisie jaarliks aan en dit word beskou as ’n verhoog vir wêreldklas-kunstenaars.
Elke jaar kies ’n paneel 10 buitengewone kunstenaars vanoor die wêreld om regstreeks in New York op te tree.
Die Barnard-tweemanskap het elke oomblik in Amerka geniet. FOTO: Verskaf
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.