News

Video: Mornay se lewe gevier

’n Spesiale video is saamgestel om die lewe van Mornay Fouché, wat op 19 September in ’n ongeluk gesterf het, se lewe te vier.

Die roudiens van Mornay Fouché is vandag om 12:00 uit die Ou Apostoliese Kerk en het die familie in herinnering van sy lewe, ’n besondere video saamgestel.

Die skakel vir die roudiens (wat om 11:45 aktief sal raak) is as volg:

https://us06web.zoom.us/j/83077601300?pwd=EmNrzTkE41i0s8jUWQ8e5hcVsX0w0h.1

• Die video oor Mornay is saamgestel deur Adél Minnaar en vertel dit ’n verhaal van ’n geliefde man en pappa wat op baie mense se lewens ’n impak gehad het.

@middelburgobserver

A video celebrating the life of Middelburg local Mornay Fouché, who tragically lost his life in a car accident.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

• Mornay het in ’n ongeluk op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) gesterf en het sy agtjarige dogtertjie, Lemay (Lilie) ernstige beserings opgedoen. Sy pa, Johnny (80) het ook beserings opgedoen. Elvis Hlongwane, ’n toesighouer by CSC Tactical Security Services, het in die ander voertuig gesterf.

Lees ook: Mans wat in ongeluk gesterf het, geïdentifiseer

 • Daar is verlede week ’n gebedsbyeenkoms vir Lemay, ’n leerling van Laerskool Kanonkop gehou en is daar later in die week laat weet dat dit beter met haar gaan.

Lees ook: Dokters verwonderd oor klein Lilie se beterskap

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button