News

Man sien ongeluk gebeur, skuldige ry weg

’n Ongeluk het reg voor ’n man se oë gebeur en het hy ook gesien hoe die skuldige party van die toneel af wegjaag.

Mnr. Henning Benadie sê hy is bereid om die persoon wat skade aan sy voertuig opgedoen het, te help met die registrasienommer van die skuldige.

Hy was Vrydagaand besig om alles gereed te kry vir die Kragdag by die Middelburg Tennisklub.

Op pad terug huistoe, op die hoek van Asalia- en Proteastraat, het hy gesien hoe ’n voertuig wyd draai vanuit Asaliastraat in Proteastraat in, waar dit ’n ander onbekende voertuig getref het.

Mnr. Benadie het instinktief agter die voertuig wat die ongeluk veroorsaak het, aangery tot by Kanonkop Spar.

Hy het by die voertuig gestop in die parkeerarea en die vrou gevra of sy weet dat sy pas iemand gestamp het.
“You are crazy!” het sy hom in Engels toegesnou en te kenne gegee dat dit ou stampe is.

Hy meld dat hy kalm gebly het en die polisie gekontak het om hulle in kennis te stel dat hy by iemand staan wat weggery het vanaf ’n ongelukstoneel, sonder om te stop.

Nadat hy 20 minute gewag het, het die polisie hom teruggeskakel en gesê hulle is baie besig en kan nie uitkom nie. Hy is bedank vir sy optrede en is gesê hy kan maar gaan.

Hy het gemeld dat hy die voertuig se registrasienommer neergeskryf het en weet watter maak die voertuig is.

• Die persoon wat skade het aan sy/haar voertuig, kan hom skakel by 072 338 1130.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button