News

Grootouers glo kleinkind sou kon leef met keisersnit

’n Oupa en ouma glo hul kleindogter kon geleef het as die Witbank Hospitaal betyds ’n keisersnit gedoen het.

Met trane wat oor hul wange loop, het ’n oupa en ouma hartseer vertel dat hulle nooit hul kleindogter gaan ken nie, want sy is Woensdag doodgebore in die Witbank Hospitaal.

Mnr. en me. Leon en Sonnette Viljoen glo Lianca-Lee Nortjé, het ’n kans op oorlewing gehad as die personeel net vinniger opgetree het en ’n keisersnit gedoen het.

“Die een oomblik het haar hartjie nog geklop en die volgende oomblik was dit stil. Sy was so perfek toe sy gebore is. Sy het 1.5kg geweeg. Lianca-Lee het haar pappa se handjies en voetjies en haar mamma se neusie gehad…”

Hul dogter, Sonnette Cassell, het Maandagaand, op ’n 29 weke swangerskap, begin pyne kry. Sy was swanger met hul eerste baba.
Sy en haar lewensmaat, Johandré Nortjé is vanaf Middelburg Hospitaal na Witbank Hospitaal verwys, maar teen Woensdag het hulle die skokkende nuus gekry dat die baba se hart gaan staan het.

“Wat nóg erger was, is dat sy alleen geboorte moes skenk aan die dooie baba. Nie ék of Johandré kon by haar wees nie!” het me. Viljoen ontsteld gesê.

Hulle meld dat die hospitaal hulle meegedeel het dat die baba dood is, omdat hul dogter hoë bloeddruk gehad het, maar hulle glo dan moes die personeel dan juis die baba so gou as moontlik uitgehaal het.
“Ek het vyf normale babas gehad en ék het hoë bloeddruk gehad!”

Mnr. Viljoen het genoem dat hy wel ’n klagte ingedien het by die hospitaal, “maar daar gaan seker niks van kom nie.”

• Die paartjie en hul ouers kan nie bekostig om die baba se begrafnis, wat Dinsdag uit die Presbiteriaanse Kerk gehou word, te betaal nie.
“Ons moet iewers R8 000 vandaan kry, wat ons eenvoudig nie het nie!”
Persone wat ’n bydrae wil lewer vir die begrafnis, kan me. Viljoen skakel by 067 229 1274.

• Die gesondheidsdepartement se provinsiale mediakantoor by monde van Christopher Nobela het bevestig dat die me. Cassell verwys is na die Witbank Hospitaal met bloeding en ernstige pre-eklampsie (’n swangerskap-komplikasie weens hoë bloeddruk).

“By opname is geen abnormaliteite tydens die ondersoek en sonar waargeneem nie.”

Hy het gemeld dat ’n skandering gedoen is, wat agteruitgang by die baba opgetel het en dat ’n opvolgskandering ses uur later gedoen is, wat gewys het dat die baba gesterf het. Daarna is ’n induksie gedoen en is die baba gebore.

Op die vraag waarom die pa of moeder nie toegelaat is tydens die geboorteproses nie, het hy gesê dat die hospitaal “slegs die man toelaat, maar nie ouers nie.” Daar is nie ’n antwoord verskaf waarom die pa van die baba nie toegelaat is nie.

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button