News

Lemay se familie: ‘Jul gebede en geloof hou ons staande’

Die familie van klein Lemay (Lilie) Fouché vra dat almal steeds vir haar sal bid.

Die agtjarige Lemay Fouché is sedert die naweek weer op die asemhalingsmasjien (ventilator), omdat haar asemhaling nie heeltemal gestabiliseer het nie.

’n Gebedsbyeenkoms is verlede Woensdag vir Lemay gehou op die hoek van Oribi- en Lilian Ngoyistraat, bokant Laerskool Kanonkop, waar Lemay ’n graad twee leerling by dié skool is. Sy het ernstige beserings opgedoen in ’n ongeluk, wat die lewe van haar pa, Mornay, geëis het.

Na die byeenkoms het haar toestand sodanig verbeter, dat dokters verwonderd gestaan het oor haar beterskap.

Lees ook: Dokters verwonderd oor klein Lilie se beterskap

Gedurende die naweek het haar familie almal laat weet dat sy gesedeer is vir pyn. ’n Dreineringspyp is in haar regterlong gesit en is sy weer na die operasie op die asemhalingsmasjien gekoppel.

Sy het intussen ook bloedklonte in haar long ontwikkel.

In een van die laaste boodskappe is daar gesê “dat die dokter na haar longetjies geluister het en sê dit klink goed.”

Daar is ook gemeld dat die dokter deur die nag na haar sal kyk en more sal besluit of die dreineringspyp verwyder gaan word.

“Hulle stoei net met Lemay se koors.”

Aan die einde van die boodskap is gesê: “Ons waardeer almal se volgehoue gebede en geloof. Dis julle ondersteuning wat ons stande hou, dankie.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button