News

Getooi in rooi op haar fiets vir Rooies matriekafskeid!

Met haar rooi kortbroek op haar fiets, het Keara Botha beslis die oog gevang tydens HTS Middelburg se matriekafskeid!

Keara Botha wou nie soos haar maats in sportmotors by die matriekafskeid opdaag nie en het besluit om met haar fiets haar skoolloopbaan op ’n hoë noot af te sluit.

Lorenzo bring die rompgedeelte van Keara se rok vir haar nadat hulle van die fietse afgeklim het.

Hoe dan anders, want dié fietsryer van die Rooies was die afgelope seisoen eerste in haar ouderdomsgroep in Mpumalanga en vierde (ook in haar ouderdomsgroep) in Suid-Afrika.

Lorenzo maak die rompie vir Keara vas.

Om fiets te ry met ’n aandrok is nie maklik nie en het sy sommer self haar uitrusting ontwerp om selfs daarvoor voorsiening te maak.

Keara het met ’n rooi kortbroek aangery gekom, waarna haar metgesel vir die aand, Lorenzo Gates (ook ’n fietsryer) by die rooi tapyt haar rok se romp vir haar gehelp vasmaak het oor die fietsrybroek.

Keara en Lorenzo kom aangestap na die rooi tapyt toe.

Haar ma, Yolandi, sê laggend dat Keara passievol, gedrewe en hardkoppig is. “Opgee is nie ’n opsie nie. Wanneer sy besluit sy gaan iets doen, gaan sy voluit daarvoor! Sy sal val, maar opstaan en verder ry.”

@middelburgobserver

One of HTS Middelburg’s top cyclists, Keara Botha, fittingly arrived at her Matric Farewell via bicycle. Her date, Lorenzo Gates, helped assemble her dress when they arrived at the venue

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button