News

Middernagtelike patrollie wérk teen diefstalle

Patrollies om inbrake en diefstalle van watermeters te voorkom werk beslis.

Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se patrollie laat verlede week het beslis gewerk teen die diefstal van watermeters!

Juanitha Groenewald, GPF voorsitter, meld dat daar net één watermeter gesteel is in die tyd wat hulle Woensdagnag met meer voertuie patrollie gery het in Kanonkop en Dennesig.

Watermeterdiefstalle het ’n ernstige probleem geword en het Juanitha vroeg verlede week ’n beroep op die gemeenskap gedoen om saam te kom patrollie ry.
“Een persoon kon net ’n rukkie saamry, omdat hy vroeg die volgende oggend moes werk. Maar dit het ’n verskil gemaak!”

Waar hulle voorheen soms net drie voertuie was wat gery het, was daar daardie aand 24 mense en 12 voertuie (Sektor 3 ingesluit) wat saam gery het.

“Ons sê ook dankie vir al die nie-lede wat saam kom ry het!”

• Juanitha het dit wéér beklemtoon dat dit gratis is om by die GPF aan te sluit.

Vir enige navrae rakende die GPF se werksaamhede in Sektor 4 (waaronder Kanonkop en Dennesig val), skakel Tiny Louw (ondervoorsitter) by 071 227 5491.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button